SY IS uitgevat asof sy na ’n sakevergadering op pad is. Swart langbroek, wit hemp, spoggerige baadjie, blink leerskoene. Dis hoe die wêreld Caster Semenya die afgelope ruk sien – saaklik en selfversekerd.
Maar die Caster wat vandag instap, is ook gretig om te lag en te gesels – ’n vrou wat deur die jare se loutering op die harde manier moes leer om gemaklik in haar menslikheid te wees.
Sy word nie meer toegelaat om deel te neem aan talle van die sportbyeenkomste waarin sy deur die jare uitgeblink het nie, maar in haar hart het sy vrede. Sy is vandag gelukkig getroud, ’n toegewyde ma en ’n atleet wat vir haar ’n nuwe hoekie in die sportwêreld wil