Kuier

‘N BROER EN SUS-WENDUO

VOORBLADSTORIE

Hy is die superblits op die atletiekbaan, sy die yster op die hokkieveld.

Wayde van Niekerk (32) het natuurlik geen bekendstelling nodig nie en sy kleinsus, Kayla Swarts (21), is ewe vinnig besig om naam te maak in die sportwêreld.

Vanjaar is boonop ’n grote vir albei, want vir die heel eerste keer is dié broer en sus-duo dalk ook sterk op pad Olimpiese Spele toe, wat op 26 Julie afskop in die Franse hoofstad, Parys.

Kayla het as lid van die Proteavrouehokkiespan laas jaar die paal gehaal vir die Spele tydens die African Hockey Road to Paris 2024-toernooi, wat van 29 Oktober tot 5 November in Pretoria gehou is. Maar ’n finale span moet nog gekies word.

Sy is reeds deel van die span wat vandeesmaand hul staal wys in die All African Games in Accra in Ghana.

Vanjaar sal die derde keer wees dat Wayde aan die Olimpiese Spele deelneem ná sy 44.08 sekonde blitslopie in die 400 meter tydens die Diamantliga-byeenkoms verlede Julie in Pole gesorg het vir ’n splinternuwe byeenkomsrekord – sy vinnigste in jare.

Dis ook die heel eerste keer dat hulle saam poseer vir ’n tydskrifvoorblad, en ouboeta Wayde loer elke nou en dan in Kayla se rigting. Dié twee se hegte band is duidelik. Elke nou en dan trek hy ook haar siel lekker uit, tot groot vermaak van Kayla.

Hy erken: Dis vreeslik spesiaal dat hy en sy kleinsus so saam-saam hul drome in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier5 min read
Craig IS KOERSVAS
Dit het soul-searching en ’n sabbatical gekos om die gevoel van overwhelmed wees af te skud, maar nou het een van die land se talentvolste sangerliedjieskrywers, Craig Lucas, sy groove back. Hy praat met Kuier oor sy jongste projekte vanuit sy huis i
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related