Kuier

KUIER MET DIE Kolbes

Die gesin van vyf lyk soos iets uit ’n sprokie waar hulle hier op die prentjiemooi Zevenwacht-wynlandgoed in Kuilsrivier buite Kaapstad vir Kuier se feestydvoorblad poseer.

Die ma, ’n pragtige brunet, die pa ’n stewiggeboude sportster en elke kleinding die oulikheid self.

Dis die Kolbes – pa Cheslin, ’n tweemalige Wêreldrugbykampioen, ma Layla, hul dogters, Kylah (6) en Mila (3), en babaCayden (8 maande).

Ons ken die prentjie van die blitsige Bok-vleuel wat magic maak op die veld, terwyl sy biddende vrou en hul kroos hom van die kantlyn af ondersteun. Met Kuier se fotosessie sien ons ’n ander kant van Cheslin en Layla: Dié van besorgde ouers. En ons verkyk ons aan hul stroopsoet kinders.

Terwyl hulle poseer voor die flitsende kamera, fladder daar deurentyd skoenlappers om hulle en jy kan sommer sien: hier is liefde, ondersteuning en respek.

Dié toneel is ligjare verwyder van toe Cheslin in Oktober doer in Parys kop onderstebo langs die kantlyn gesit het nadat ’n geel kaart, in die snik-oomblikke van die Bokke se Wêreldbekereindstryd teen die All Blacks, sy tyd op die veld kortgeknip het. Sy senuwees het aan ’n flentertjie gehang. En hy het net gebid en gebid en gebid: Kan daar dalk tog net ’n wonderwerk gebeur? Want dis glad nie hoe dié Bok-ster sy 30ste verjaardag wou afsluit nie. Net nie só nie . . .

Vandag erken hy – ja, hy wás uiters teleurgesteld, in so ’n mate dat hy nie eens een keer weer opgekyk het in daai laaste agt tot 10 minute van die game nie. “Dit was seker die tweede strafkaart van my rugbyloopbaan,” vertel Cheslin.

Hy’t gevoel dat hy sy Bok-spanmaats en die ganse

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related