SIELSKOS MET Ernusta
Ek's nie juis ’n kranige TikTokker nie, maar so af en toe vertel my jonger sussie my van dit of dat wat nou weer trend op TikTok. Dis volgens haar ook hoe mens deesdae weet wat in die wêreld aangaan. (Vir my lyk dit meer na wie wat oor wie te sê het, maar dís ’n debat vir ’n ander dag.)
Een aand toe ek sukkel om te slaap scroll ek deur TikTok en kom af op iemand wat verwys na