Weg!

Só onthou ek Savuti

1978 DIE KANAAL

Die Savuti-kanaal is, myns insiens, die opwindendste plek in die ganse Chobe. Dit mond via die Zibadianja-lagune uit in die Linyati-moeras waarvandaan dit dan vir byna 100 km ’n lus deur ’n see van Kalahari-sand volg – ’n gebied wat danksy die water in ’n golwende boswêreld verander het.

Aanvanklik loop die water baie stadig in die Savuti-moeras (108 km²) in die Mababe-laagte uit. Die moeras was eens ’n vleiland, maar altyd onderhewig aan die wispelturige aard van die kanaal wat dán afkom, dán weer nie. Dis meestal grasveld, sonder tekens van houtagtige spesies soos kameeldorings.

Ek het Savuti (ook gespel Savute) die eerste keer in 1978 besoek en was verstom om te sien hoe die kanaal sy lewegewende waters in die noordelike deel van die moeras uitstoot. Die gebied was vol sebra, blouwildebees, tsessebe, buffel, olifant, rooibok en kameelperd. Niks kon my op só ’n skouspel voorberei nie!

In die BaYei-dialek beteken Savuti “onduidelik”. Dit dui dalk op die kanaal se wisselvallige vloei, maar kan ook iets te make hê met die water se geheimsinnige verdwyning in die moeras.

1980 DIE ZIBADIANJA-LAGUNE

’n Menigte seekoeie trek by die suidelike monding van die Zibadianja-lagune saam. (Vergelyk hierdie foto met die een op bl. 52 wat in 1983 geneem is.) Die mense in die helikopter in die regterhoek van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related