‘Geen gemeenskap, dorp of skoolmeisie is te klein om ’n verskil in die wêreld te maak nie.’
Aan die woord is Snoekie Erasmus, sirkelpresident van die VLV vir die Kimberley-distrik. Hulle is geaffilieer by die Associated Country Women of the World (ACWW), wat sowat 9 miljoen lede in 84 lande en adviserende status by die Verenigde Nasies het.
Die ACWW neem ook jaarliks deel aan die werksaamhede van die Commission on the Status of Women wanneer die vergaderings in New York, Amerika, plaasvind.
Die VLV-tak van Hartswater het die