PALS-inisiatief wil vennootskappe uitbrei
Suid-Afrika is op ’n kantelpunt en die PALS-inisiatief pak die netelige kwessies vir ons land se toekoms aan deur op te tree en te bewys dat daar praktiese oplossings is deur saam te werk en te groei. Ons help Suid-Afrika se grondhervormingskwessies proaktief oplos op ’n praktiese, meriete-gebaseerde en eerlike manier wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekerheid en mentorskap ondersteun. Maar ons kan dit nie alleen doen nie. PALS het pals nodig.
PALS (Partners in Agri Land Solutions) is ’n inklusiewe, privatesektor-inisiatief deur swart en wit boere en leiers, wat saamwerk met belanghebbendes in die openbare en private sektor en die gemeenskap. In ’n relatief kort tydperk sedert 2015 het PALS merkwaardige suksesse behaal, maar meer ondersteuning en geld is nodig om die proses doeltreffend te bespoedig en te laat groei.
PALS is geregistreer as ’n maatskappy sonder winsoogmerk en ’n openbarevoordeel-organisasie. Dis