Huisgenoot

DIE KULTUS VAN KRUGERSDORP

IN KRUGERSDORP aan die Wes-Rand kyk ’n jong seun met groot oë na sy ma, Kezia Mc Alpine. Vergelyk ’n mens hom met foto’s van sy pa, is hy ’n klein ewebeeld. Maar foto’s is die enigste manier waarop dié kind sy pa kan sien.

Kevin Mc Alpine, ’n finansiële makelaar van Krugersdorp, is op 26 Mei 2016 wreed vermoor nadat hy vir ’n werkafspraak opgedaag het.

Hy was maar 29 jaar oud.

Kevin was die tweede laaste van Electus per Deus se 11 slagoffers wat tussen 2012 en 2016 vermoor is.

Die baasbrein, Cecilia Steyn, Marinda Steyn, Marinda se kinders, Le Roux en Marcel, Zak Valentine asook John Barnard (sien nota onder) sit in die tronk en dien tussen die ses van hulle meer as 1 000 jaar se tronkstraf uit.

Kezia se seuntjie is skaars drie maande ná sy pa se moord gebore. Benewens die verskriklike trauma het Kevin se dood ’n geweldige finansiële impak op haar en haar kind se lewe gehad.

“Ek het dit nie toe (met sy doodstyding) geweet nie, maar agterna uitgevind sy lewenspolis het verval. Die motor waarin hy gevind is, was in my naam en ek moes dit teruggee aan die bank, vir wie ek steeds geld geskuld het,” het Kezia gedurende haar hofgetuienis in 2018 aan adv. Gerrit Roberts SC, die staatsaanklaer, gesê.

Kort voor Kevin se dood het die egpaar beplan dat Kezia, ’n onderwyseres, sou ophou werk ná hul eerste kind se geboorte. Daardie droom was ook aan skerwe. Nou het sy skuld én ’n kind gehad om na om te sien.

“Ek moes vroeër teruggaan werk toe as beplan, en dit is moeilik om ’n kind

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related