Landbouweekblad

Briewe

Kleinveeman se dood laat leemte

WENBRIEF Die berig “ ‘Ware heer’ van die skaap- en bokhaarbedryf onthou” (LBW, 24 Augustus 2023) het betrekking. Ek wil daarby aansluit.

Ek het grootgeword op ’n plaas by Somerset-Oos. Vandat ek kan onthou, was oom Tom Retief die BKB-omie wat gereeld kom skape en bokke klas het. Hy het altyd saamgegaan as Pa ramme gaan koop het, want hy het presies geweet watter ramme aangekoop moet word.

Met my oupa se skielik afsterwe in Mei 1963 was dit hy wat dadelik die 47 km grondpad aangedurf en die skeerdery kom behartig het. Hy was elke dag daar en het alles verder bestuur totdat die skeersel gebaal en veilig by BKB in Port Elizabeth afgelaai is.

Hy was ’n lang, skraal omie met ’n grys snor waarvan hy die punte gedraai het. Wanneer die skeerders die skape of bokke raakgeskeer het, het hy die plek toegewerk met naald en garing en geneesolie opgegooi.

As kind onthou ek dat hy altyd sommer direk verby die huis al met die laning langs tot by die skaapkraal gery het. Ek was altyd eerste by as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related