Huisgenoot

DIE BLINK BOER VAN BARKLY-OOS

‘HY WAS KASTIG NOOIT OP DIE PLAAS WANNEER EK DIE TROKKE WOU STUUR NIE OF ONS KON EENVOUDIG NIE BY DIE PLAASHEK INKOM NIE’

DIS ’n idilliese landskap wat die verfkwas van Pierneef kon inspireer. Hier tussen die kliprante van die Witteberge, waar die soel waters van die Kraalrivier deur die valleie van die Oos-Kaapse platteland sny, vind ’n mens Barkly-Oos.

Soos in menige klein dorpie is daar die kerk van sandsteen, ’n koöperasie en ’n hotel.

Maar al blyk die prentjie vreedsaam te wees, is die tonge los en talle inwoners van dié kontrei briesend oor ’n blink boer wat hulle meen hulle met miljoene rande ingeloop het.

“Hy het met die Bybel onder die arm geloop. Glad met die mond en ’n uitgesproke Christen,” vertel ’n bron wat anoniem wil bly.

Die man wat sy dorpsgenote so warm onder die kraag het, is die boer Piet Bekker, wat op die plaas Abbotts Ann, tussen Lady Grey en Barkly-Oos, boer.

Die stories loop behoorlik oor dié boer, wat volgens sy kontreigenote ’n klomp mense met ’n beleggingskema ingedoen het en volgens hulle groot geld aan sy beleggers skuld.

Van die mense wat na bewering deur hom ingeloop is, vertel hul aftreeplanne is nou in hul maai.

Volgens ’n bron het Piet beleggers genader en vir hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related