Huisgenoot

BRAAI soos ’n blits

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

ROKERIGE STEAK-TACO’S met CHIPOTLE ESQUITES-SLAAI

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN.

Hierdie klassieke Mexikaanse straatkos kry woema met ’n gebraaide taco.

CHIPOTLE ESQUITES-SLAAI

◗ 4 mielies, blare verwyder
◗ olyfolie
◗ 1 avokado, geskil en in blokkies gesny
◗ 2 wiele fetakaas, gekrummel
◗ 2 sprietuie, in fyn skywe gesny
◗ ’n hand vol vars koljander, gekap
◗ 2 chipotle-rissies in adobosous, gekap
◗ 1 knoffelhuisie, fyngekap
◗ 30-45 ml (2-3 e) mayonnaise
◗ 15 ml (1 e) paprika
◗ skil en sap van
◗ 1 lemmetjie seesout en vars gemaalde swartpeper, na smaak

STEAK EN TACO’S

◗ 600 g kruisskyf of riboogsteak
◗ olyfolie
◗ seesout en vars gemaalde swartpeper of jou gunstelingbraaispeserye
◗ meel-of mielietortillas

VIR VOORSIT

◗ groenrissiesous (opsioneel)
◗ lemmetjiewiggies of -helftes

1 Slaai Bedruip die mielies met ’n bietjie olyfolie en braai dit oor hoë hitte om dit te skroei. Wanneer die mielies aan alle kante geskroei is, haal van die hitte af en laat afkoel. Sny die pitte van die stronke af en plaas in ’n mengbak. Voeg die oorblywende slaaibestanddele by en meng goed. Geur met die sout en peper en hou eenkant.

Bedruip die steak met die olie, en geur. Braai 3-4 min. per kant oor warm kole of tot 50 °C op ’n vleistermometer vir halfgaar. Laat rus terwyl jy die tortillas oor die vuur verhit. Plaas die warm

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related