Huisgenoot

REIS EET-EET SAAM

FRANKRYK OP DIE VELD EN TAFEL

Op die veld Die Hane gaan onder leiding van hul kaptein, Antoine Dupont, probeer om dieWêreldbeker op eie bodem te verower. Hulle was al drie keer in die eindstryd van die toernooi, maar het al drie keer verloor – teen Nieu-Seeland in 1987 en 2011 en teen Australië in 1999.

Op die tafel Ons dink dikwels aan Franse kos as fynkos, maar van die geurigste geregte is hartlike trooskos uit die Franse platteland. En moenie die glas wyn vergeet nie!

TARTIFLETTE (KAAS-EN-AARTAPPELGEBAK)

GENOEG VIR 6 MENSE

JY BENODIG

● 15 ml (1 e) botter
● 15 ml (1 e) olyfolie
● 1 ui, gekap
● 125 g rugspek, in repies gesny
● 3 ml (ruim ½ t) vars tiemie
● 1 kg aartappels, geskil, gekook en in 1 cm-skywe gesny
● 80 ml droë witwyn
● 700 g sterk cheddarkaas, in skywe gesny
● ekstra tiemie vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n 19 cm-losboompan.

Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die ui tot deurskynend. Voeg die spek by en braai tot gaar.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related