Voëlkykers moet ’n hele dag opsy sit vir die De Mond-natuurreservaat naby Struisbaai en Agulhas. Selfs langs die toegangspaaie na die reservaat kan voëlkyk uitsonderlik wees.
In Januarie het ons net ná laaggety na die mond aan die oostelike kant van die strandmeer gestap en byna dadelik ’n aantal kleinwulpe gekry.