DIE vertrek is stampvol met wollerige diertjies. Winnie-the-Pooh, Tigger, Eeyore, Piglet, Rabbit, Kanga, Roo, Owl en Christopher Robin sit almal in hul honderde hier ingeryg. Party loer by kasdeure uit; ander balanseer op die vensterbank. Daar is nie plek vir ’n muis nie.
Tog vermoed ’n mens Deb Hoffmann gaan nog van dié poppe koop. Die vrou het ’n obsessie met Winnie-the-Pooh en sy vriende. Sy het al soveel van dié figuurtjies uit A.A. Milne se kinderboeke versamel dat sy ’n wêreldrekord opgestel het.
Die 58-jarige Deb van Wisconsin in die VSA het die grootste Winnie-the-Pooh-versameling op die planeet –