Een van die belangrikste voëlkykvaardighede is om te weet hoe om deur ’n plaasheining te klim – met toestemming, natuurlik! Vra ’n vriend om twee van die drade van mekaar af weg te trek, knak jou rug horisontaal, kyk dat jou klere nie iewers vashaak nie en jy’s deur! Daar was egter ook al kere dat ek – terwyl ek iets jaag, of iets mý jaag – sommer met ’n aanloop los bo-oor ’n draadheining gespring het!
Maar nou die oggend het ek myself vang talm