![f032-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1hfvdqvb28b8mvaj/images/fileEGZ2LAA4.jpg)
![f033-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1hfvdqvb28b8mvaj/images/fileMPMNJSEE.jpg)
![f034-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1hfvdqvb28b8mvaj/images/fileWF2356KZ.jpg)
Tydens Covid se skrikbewind het ons gesien mense sal na net mooi enigiets gryp om hulself uit die virus se kake te hou. In die 18de-eeuse Frankryk was dit net so: Toe builepes, of die Swart Dood, in die 1720’s deur Marseille se strate swiep en mense soos vlieë omkap, het ’n straatsmous – en slim entrepreneur – sy konkoksie aan desperate burgers verkwansel. Antoine-Claude Maille, ’n distilleerder, se “Asyn van die Vier Diewe” was ’n aftreksel van asyn gemeng met kruie, speserye en knoffel. Mense is aangeraai om ’n teelepel in ’n glas water te drink, of dit aan hul slape of handpalms te tik.
Só flink was sake, dat monsieur Maille en sy seun, ook Antoine-Claude, kort voor lank verskillende soorte asyn en mosterd gemaak het. Antoine-Claude jr. kon selfs in 1747 ’n winkel, La Maison Maille, in Parys oopmaak – met 120 soorte asyn en 84 mosterdgeure. Madame de Pompadour, koning Lodewyk XV se minnares, was ’n lojale ondersteuner. Teen 1760 was Maille die amptelike mosterdverskaffer van die meeste koninklike howe in Europa. Vandag is die produk in sowat 95 lande reg oor die wêreld beskikbaar.
’n Tweede Maille-boetiek het in 1845 in Dijon, in die hart van Boergondië, oopgemaak. Dit bestaan steeds en is ’n trekpleister vir toeriste. Teen die mure is honderde bottels