Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Resepte en stilering: Arina du Plessis aduplessis@landbou.com

Vinnige kerriehoenderpot met patat

’n Ligte, dog romerige en vullende kerriehoenderpotjie met die heerlikste geur en binne 30-40 minute gereed om te eet.

■ 30 ml elk olie en botter
■ 1 groot ui, in dun wiggies gesny
■ 8 hoenderborsfilette (sonder vel), in blokkies gesny
■ 30 ml kerriespeserymengsel
■ 5 ml komyn
■ 1 kaneelstokkie
■ 4 middelslagpatats, geskrop en in hapgrootte stukkies gesny

Sous

■ 330 ml klapperroom
■ 10 ml fyngerasperde gemmer
■ 10 ml fyngedrukte knoffel
■ 250 ml hoenderaftreksel
■ 60 ml blatjang
■ 10 ml mielieblom, aangemaak met ’n bietjie koue water
■ Sout en peper na smaak
■ Vars koljanderblare

Verhit die olie en botter saam in ’n middelslag-platboomswartpot en braai die ui en hoenderfiletblokkies saam met die kerriemengsel, komyn en kaneelstokkie tot die vleis geseël is. Skep die patatblokkies bo-op.

Meng die klapperroom, gemmer, knoffel, hoenderaftreksel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related