Dis verby. Die einde van my vier-jaar-opleiding as leerlingverpleegster is agter die rug en ek het pas my laaste vraestel in kraamverpieging afgelê. Ná vandag is ek beide 'n algemene - én kraamverpleegster.
Ek sal oor twee weke weet of ek geslaag het, maar ek het geen twyfel nie. Ek het hard gewerk.
Buite voor die hospitaal wag 'n motor wat my die toekoms in gaan neem na 'n klein sendingstasiedorpie iewers in die Boland. Die hospitaaibestuur daar het my 'n pos as suster by die kliniek daar aangebied.
My gedagtes soek 'n lêplek soos 'n swaeltjie haar somer. Daar's 'n onrustigheid in my bors soos die tyd toe ek matriek geskryf het. Die toekoms is onseker. Ek is weg van my ouerhuis op die plaas toe ek moes gaan studeer. Ek moes vastrapplek kry en nou het my voete hulle sole gekry. En nou is ek, op