Kleintyd het skrophoenders ’n kort rukkie op Angela Coetzee-hulle se werf rondgeskarrel. Nie lank nie en hulle het peuselkos vir die hond geword. ’n Tweede sarsie het gevolg en weer was hulle hondekos. “Dit was my eerste kennismaking met hoenders,” vertel Angela, voormalige sjef en nou konsultant en navorser in volhoubaarheid en voedselveiligheid.
Haar belangstelling in kosverwante en leefstylsiektes het haar genoop om dié sprong te maak. Sy kan dus met gesag praat oor hoe kosterme gebruik en verstaan word. Hoe dit die verbruiker kan mislei en produsente met swak dierewelsynspraktyke laat wegkom. Op lang termyn kan dit ’n impak op ons gesondheid hê. “Ons ly as gevolg van te min inligting op kosverpakkings – en dis waar my belangstelling begin het.”
Terwyl ons grootword met verhale van ou MacDonald se plaas, leef die meeste plaasdiere al jare lank nie meer so nie. Vee en pluimvee word dikwels in beperkte ruimtes op die mees ekonomiese manier grootgemaak sodat hul vleis teen die laagste moontlike prys verkoop kan word. (Industriële veeproduksie of “fabrieksplase”.) “Daar word beweer hoenderproduksie is geneties reeds so aangepas om hulle vinniger te laat groei en baie borsvleis te hê, die hoender lyk binne vyf weke soos ’n klein stut. Terwyl tradisionele skrophoenders eers ná nege tot tien weke groot genoeg is om te eet.”
Wat koop jy dus as