Kuier

BESKERMENGEL

Nie alle helde dra capes en het superkragte nie. Elke dag is daar gewone mense wat heldedade verrig, maar nooit die erkenning of roem kry wat hulle verdien nie. Nie dat hulle dit verwag nie, want al wat vir hulle saak maak is die verskil wat hulle in ander se lewens maak.

Ruhshana Theunissen (42) van Hanover Park op die Kaapse Vlakte is een van hulle. Dié ma van vier het haar eie lewe gewaag om hul bure se seuntjie s’n te red. Toe die koeëls rondom hulle vlieg, het sy nie vir een oomblik gedink aan die gevolge toe sy haar eie lewe op die spel geplaas en hom met haar liggaam beskerm het nie. Sy het dit instinktief gedoen vir iemand vir wie sy lief is.

Die uiteinde was dat hulle oorleef het, maar die voorval het haar lewe onherroeplik verander. Die eens aktiewe vrou sit nou in ‘n rolstoel, sy het haar been verloor en dra kimbies. Elke dag is ‘n stryd. Maar Ruhshana bejammer nie haarseif nie, sy veg voort - teen haar beserings, die bendegeweld, die swaarkry. Opgee is nie ‘n opsie nie, want terwyl sy leef, gaan sy stry teen die aanslae van die lewe ter wille van haar dogters, Azraa (19) en Ziyaadah (15), en seuns,Taqeeuddeen (9) en Nizaam (5).

“Toe ek eventually bykom in high care het ek afgekyk en realise ek kan my een been sien, maar ek kan níe my ander been sien nie.” RUHSHANA THEUNISSEN

SKOTE KLAP SKIELIK

Sy vat ons terug na aaardie dag in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 312 SAAMGESTEL DEUR: PENPRET FOTO'S: ER LOMBARD EN INSTAGRAM/@CHEFREUBENRIFFEL, @GRANT9_WILLIAMS ■
Kuier7 min read
As Klaasvakie Wegkruipertjie Speel
Hande op as die bedkassie al jou kopkussing was terwyl jou kleuter jou hele bed oorvat. Of as jou baba net vir ‘n paar minute op ‘n slag slaap of jou skoolgaande kind nog laatnag wakker is en soggens vol nukke is met opstaantyd. Michey* ken dié gevoe
Kuier3 min read
'N Plekkie In Die Son Vir Almal
Brenden As jy nog nie Chasing the Sun 2 gekyk het nie, wil ek met alle respek vra jy moet vir my die klip wys waaronder jy die laaste ruk weggekruip het. Ja, met die cost of living-krisis is dit nie vir almal moontlik om DStv te kan bekostig nie, so

Related