MET rugsakke wat nog veels te groot is, splinternuwe skoolskoene en klere wat nog ingegroei moet word, was vanjaar se graadeentjies slaggereed vir hul eerste dag van “grootskool”. En die dapper glimlagte en vasberadenheid op dié haasbekkies se gesigte was genoeg om die grootmense sommer baie te beïndruk!
Dit is vir elke leerder ’n groot oomblik om hul eerste skooljaar te vier, in samewerking met Ackermans vanjaar ’n kompetisie gehou om die jong klomp gepas toe te juig.