Maritha van Wyk is op ‘n koue wintersdag in die hartjie vandie Kalahari gebore. Hoewel sy amptelik Maritha gedoopis, het haar ma haar ál meer Grietmeid genoem totdat ditamptelik ha...view moreMaritha van Wyk is op ‘n koue wintersdag in die hartjie vandie Kalahari gebore. Hoewel sy amptelik Maritha gedoopis, het haar ma haar ál meer Grietmeid genoem totdat ditamptelik haar nie-amptelike naam geword het.Vandat Grietmeid kon onthou wou sy altyd weet watanderkant die Kalahari se sandduine was. En sy kon niewag om finaal die Kalaharistof van haar voete te skud nie.Dit was presies wat later gebeur het toe sy, ironiesgenoeg, die Kalaharisandduine vir die woestynsand vanDoebai verruil het. Kort voor lank het Grietmeid egter beginhunker om terug te gaan na daardie einsteKalaharisandduine en sy mense – na ‘n tyd toe syongebonde kon leef, want ‘n mens moet mos altyd eersiets verloor voordat jy die waarde daarvan besef.Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om terug te gaan nieen toe besluit Maritha op die enigste alternatief: om meergereeld terug te klim in Grietmeid se Kalahari-skoene enlewe in al die herinneringe van ouds te blaas deur allesneer te pen. En om sodoende Grietmeid se uniekekindertyd aan meer mense bekend te stel.Haar eerste boek, Grietmeid se Kalahari-Krismis – ‘nKersnovelle, is ‘n herinnering wat aanklank sal vind byelkeen wat hunker na ‘daai jare se sosialeKersfeesvieringe’.view less