Kuier

Queens VANNIE KAAP

Vir drie van ons land se mooiste en besigste vroue beteken die feestyd ’n broodnodige blaaskans en gehaltetyd saam met hul geliefdes.

Dié voorbladfotosessie met Amy Kleinhans-Curd (51), Jo-Ann Strauss (38) en Tamaryn Green (25) was voorwaar een van ons lekkerstes vanjaar, want dié drie skoonhede het gewys hulle is nie net beeldskoon nie, maar ook hope pret.

Hulle verteenwoordig drie generasies van vroue wat al die eer gehad het om die Mej. Suid-Afrika-kroon te dra. Maar al kom hulle uit verskillende generasies, kom jy bitter gou agter hulle het baie gemeen – soos hul borrelende persoonlikhede, sukses, passie, nederigheid en liefde vir hul families en tradisies wat hul voete stewig op die aarde geplant hou.

Daar is ook glad niks sprake van katterigheid of afguns tussen hulle nie, trouens hul liefde en ondersteuning vir mekaar is duidelik.

Dit was ’n besige jaar vir aldrie. Tamaryn moes die balans vind tussen haar pligte as Mej. Suid-Afrika en die finale jaar van haar mediese studies, terwyl Jo-Ann en Amy hul familielewe en hul verskeie sakebelange moet balanseer. Maar nie een van hulle is bang vir ’n uitdaging nie en ná ’n woelige en uitdagende jaar kyk hulle met dankbare harte terug op 2019.

“Hou bykomstighede minimaal. Kies fyn of eenvoudige juwele omdat die sequins reeds al die shine vang.”
LAVERN MAARMAN
Wanneer hulle in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related