Kuier

DEUR HAAR MA is Zoë wie sy is

VOORBLADSTORIE

Daar was maar nog altyd‘n onbreekbare koesterband tussen hulle. Gemaklik en openhartig; daar vir mekaar deur dik en dun wanneer die storms van die lewe oor hulle breek.

En toe die Expresso-aanbieder en KFM-omroeper Zoë Brown (33) as 19-jarige in Amerika gaan au pair-werk doen, was haar ma, Fredeline (64), knap teenaan. Selfs al wás sy duisende kilometers ver op‘n ander kontinent.

Destyds het dié TV- en radio- vrou ‘n gap-jaar gekies voor haar studies en Fredeline se voorwaarde was duidelik: Skype – drie keer per week – sy wil op hoogte bly van alles wat in haar kind se lewe doer ver gebeur.

Desjare was dit nogal woes om na drie klein woelwaters onder vier jaar om te sien, vertel Zoë oor die au pair-werk in Amerika. Juis daarom moes sy in elk geval telkemaal op haar ma se nommer druk, sê dié borrelende glansmeisie.

En om daar te wees vir enige van haar drie kinders, was nog altyd vir Fredeline ‘n lewenstaak wat sy met hart en siel omarm. Ononderhandelbaar.

Maar so goed soos dié twee klaarkom, so verskillend is hulle in vele opsigte, vertel die oud-onderwyseres Fredeline, wat spesiaal uit Durban vir haar middelkind kom kuier het in die Kaap.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Kuier
REDAKTEUR Lara Atson KUNSREDAKTEUR Selina Petersen ARTIKELREDAKTEUR Edna Ellman SUBREDAKTEUR Michelle Linnert Jansen TV-SKEDULES Kashief Achmat INTERN Mary Martin MEDEWERKERS Zaida Swart, Haidee Muller-Isaacs, Maretha Botes, Enrico Claassen, Chrislyn
Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier1 min read
Arendsvlei Toets Jou Kennis
1 In watter jaar het die sepie sy debuut gemaak? 2 Janice is nou die eienaar van Mortlocks, maar aan wie het dit eers behoort? 3 Wie is die pa van Wendy se dogter, Debra? 4 Watter Galant woeker ook agter die skerms as regisseur? 5 Watter veteraanaktr

Related