Vrouekeur

Net waar sy wil wees

Vanjaar is dit 28 jaar sedert sy die kroon as die land se mooiste ontvang het. Die land was in ’n vreemde fase: Nelson Mandela was vry, maar een van die land se bloedigste slagtings het in Boipatong plaasgevind. Amy was Suid-Afrika se eerste bruin Mej SA en het vierde by die Mej Wêreld geëindig.

Sy was ’n gekwalifiseerde onderwyseres van Kaapstad, wat ook Afrika se politieke geskiedenis op universiteit bestudeer het, toe sy op 12 Desember op die Mej Wêreldpodium by Sun City geweier het om die ou landsvlag te dra en eerder die wit vlag met dié kompetisie se logo op, te vertoon.

Sy het al verskeie kere vertel hoe sy beledigende oproepe in haar hotelkamer ontvang het, maar alles het verander toe een van dié oproepe ’n baie bemoedigende Nelson Mandela was. Hy het haar geloof vir haar dapperheid en haar bereidwilligheid om aan die wêreld te wys hoe die jeug dink en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Sudoku 14
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3- kassie die nommers 1 tot 9 bevat. Dis al wat jy moet doen! G’n wiskunde is nodig nie. Die rooster is vol syfers, maar niks hoef bymekaargetel te word nie. Jy los die raaisel met logi
Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur1 min read
Diere Onder Die Son!
Pikkie is ’n pou met die pragtigste vere. “Kyk net hoe pronk ek,” sê Pikkie. Kleur die rooster volgens die nommers in om te sien hoe Pikkie pronk.

Related