Huisgenoot

DIE LEWE IS KORT STEEL ’N WALRUS

‘DIE BESLUITE WAT GENEEM WORD, IS OP DIE OU END GLAD NIE IN BELANG VAN DIE DIERE NIE’

PHIL Demers se prokureur het hom eenkeer ’n streng waarskuwing gegee: Hy moes nie sy megafoon gebruik as hy buite Marineland naby die stad Niagara Falls, Ontario, betoog nie. As hy dit wel sou doen, kon die park – wat reeds besig was om hom te dagvaar – verdere regstappe doen.

Hy het nie geluister nie.

Op 18 Mei 2019 het hy die strate ingevaar en tussen ’n horde betogers teen ’n leer opgeklim met ’n megafoon in die hand. Die park sou hom of enigiemand anders nooit stilmaak nie, het hy geskree.

Phil glimlag breed wanneer hy oor die dag praat. “Ek het dit nie vir hom maklik gemaak nie,” sê hy oor sy prokureur.

Vyf jaar tevore, in Maart 2013, het Marineland ’n eis van 1,5 miljoen Kanadese dollar (R14 miljoen) teen Phil ingestel. Hy het 12 jaar lank as afrigter by die park gewerk en die vorige jaar bedank toe hy keelvol geraak het van die lyding wat hy daar onder die diere aanskou het.

Maar Marineland het hom nie vir laster gedagvaar soos sy prokureur gevrees het nie. Hulle het hom aangekla van betreding en sameswering om een van hul swaarste inwoners te steel: ’n walrus van 550 kg met die naam Smooshi, met wie Phil ’n hegte band gevorm het.

Destyds het Phil gesê die park se be-werings teen hom was suiwer versinsel.

“Ek kon maar net lag,” sê hy nou.

Binne ’n maand het hy ’n teeneis vir naamskending en misbruik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related Books & Audiobooks