Weg!

Die ietermagog se vriend

Ray Jansen se wakker donker oë fynkam die bome rondom ons vir ’n vroegsomertrekvoël. Dan flits hulle weer na die heuwels doer ver waar die Novemberson reeds op dié deel van Limpopo neerbak.

Ons sit buite ’n plaashuis op ’n hoogtetjie. Die Tshipise-warmwaterbron is sigbaar in die vallei. Ray is ’n wetenskaplike, maar net so tuis in ’n kantoor as in die veld. Hy’s ook straatwys; ’n man wat nie nonsens vat nie. ’n Broodnodige houding, want Ray en sy kollegas – navorsers, bewaringsgesindes, wildveeartse en polisiemanne – baklei teen ’n oormag om die ietermagog te beskerm.

Ray neem ook soms deel aan lokvaloperasies waartydens gebeure gewoonlik só uitspeel: Daar’s gerugte oor ’n ietermagog wat te koop is. Ray en die polisie doen hulle voor as moontlike kopers. Ray is dikwels die kontakpersoon wat ’n selfoonvideogreep ontvang waarop ’n gehawende ietermagog in ’n agterplaas omhoog gehou word. Langs die dier is gewoonlik ’n kopie van die dag se koerant om te bewys dat die video pas geneem is en dat die ietermagog nog lewe. Daar word besluit op ’n prys en plek om te ontmoet. Indien alles volgens plan verloop, sal die polisie op die regte tyd toesak en só ontkom nog ’n ietermagog naelskraap die ontwettige mark.

“Óf ek het ’n natuurlike aanvoeling vir hoe ’n stroper se kop werk en hoe hy praat, óf ek is ’n blêrrie goeie leuenaar,” sê Ray laggend, maar word dan weer ernstig. “’n Mens moet dié ouens op ’n sekere manier benader. Jy kan nie net goedsmoeds saamstem met alles wat hulle kwytraak nie. As hulle vir ’n miljoen rand vra, moet jy kan reageer met ‘Moenie mal wees nie, man! Teen julle prys verdien ek niks. Kyk, ek verkoop hulle vir sus en so, dus kan ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related