Laggend en handeklappend het Lindzay van Wyk in 'n knalrooi Toyota 86 by die Kyiemoregemeenskapsaal opgedaag vir sy 21ste verjaardag.
Die rede vir sy opgewondenheid was die musiek wat by die vensters uitgedreun het. Lindzay, 'n groot musiekliefhebber, het spesifiek gevra vir die musiek van die Temple Boys CPT – wat van Ravensmead op die Kaapse Vlakte