IN LIAM SE SKOENE
Kykers van kykNET se Binnelanders het verlede jaar in September met Liam Vorster kennis gemaak toe hy as pasiënt na die kliniek gestuur is ná ’n rotsklim-ongeluk in die Drakensberge.
Hy is deesdae ’n dokter in die gange van die einste kliniek, waar sy verpleegster-meisie, Karen Kriel (Luandri Reynders), ook werk. Maar die lewe het hom al ’n paar taai klappe