Landbouweekblad

BEESVLEIS OP JOU BORD

SKOP AF MET STEAK

T-beensteak met roosmaryn-en-knoffelbotter

Ek hou daarvan om gegeurde botter as alternatief vir vleissous te gebruik. Dit is minder moeite om voor te berei en omdat jy die botter vooraf maak, kan jy al jou aandag op die steak toespits. Die kombinasie van geure in hierdie resep is eenvoudig, dog perfek.

• 4 T-beensteaks, teen kamertemperatuur
• Olyfolie
• Seesout en varsgemaalde swartpeper na smaak

ROOSMARYN-EN-KNOFFELBOTTER

• 120 g gesoute botter, teen kamertemperatuur
• 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
• 5 ml roosmarynblaartjies, baie goed fyngekap
• Varsgemaalde swartpeper

Berei die roosmaryn-en-knoffelbotter minstens 3 uur voor die steak gaargemaak word. Klop die botter met ’n houtlepel tot lig. Smelt ’n halwe teelepel van die botter in ’n klein kastrolletjie en braai die knoffel daarin oor baie lae hitte tot die botter geurig is, maar die knoffel moenie verkleur nie. Verwyder van die hitte en voeg die roosmaryn by. (Die effense hitte sal die vlugtige olies in die kruie vrystel wat vir selfs beter geur sal sorg.) Voeg ’n bietjie swartpeper by. Voeg die knoffel-, kruie-en pepermengsel by die botter en klop goed tot deurgemeng en lig. Skep die gegeurde botter in ’n bakkie, bedek en verkoel tot benodig, maar haal die botter ongeveer 15 minute voor etenstyd uit die yskas. Bedruip die steaks liggies met olyfolie en smeer dit goed in elke steak in. Geur elke steak liggies met sout en peper net voor dit gaargemaak gaan word. Maak ’n swaarboom-riffelpan baie warm sonder olie of botter daarin. Sit elke steak op sy (vet)kant in die vuurwarm pan neer en braai vir minstens 1 minuut. Sit nou die steaks plat neer en braai vir 2-3 minute aan elke kant, tot goudbruin en gaar na smaak. Verwyder van die hitte, laat rus die vleis vir ’n minuut of twee en sit voor met ’n skeppie van die roosmaryn-en-knoffelbotter, skyfies en groente of slaai. Lewer 4 porsies.

KIESDIEREGTE SNITTE

1 DY (silverside)

Dy is die snit waaruit prego-skywe meestal gesny word. Jy kan dit ook gebruik om blindevinke te maak.

2 BINNEBOUD (topside)

Binneboud is veral bekend as biltongvleis.Dit het ’n lekker dik vetlaag aan die buitekant.

3 STERTSTUK (aitchbone)

Stertstuk word algemeen gebruik om soutvleis te maak.

4 DIKLIES (thick flank)

Diklies is ’n sagte snit en) of dit word verkoop as blokkies. Dit is waarmee jy bredies of ghoelasj maak.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related