Landbouweekblad

VERSOT OP VARKVLEIS

MAKLIK VIR ’N WEEKSAAND

Vinnige varkvleiskerrie

• 1 ui, gekap
• 45 ml olyfolie
• 30 ml vars gerasperde gemmer
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 groen brandrissie, fyngekap
• 5 ml gemaalde koljander
• 15 ml komyn
• 2 ml borrie
• 15 ml kerriepoeier
• 1 blik (410 g) gekapte tamaties
• 125 ml water
• Sout, swartpeper en knippie suiker
• 30 ml olyfolie
• 750 g varkfilet, in dun repies gesny
• 100 ml dik, natuurlike jogurt
• Sap van 1 suurlemoen
• Geroosterde kasjoeneute en vars koljander, om voor te sit

Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die gemmer, knoffel, brandrissie, speserye en kerriepoeier by en braai tot geurig. Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker. Terwyl die sous prut, verhit die olyfolie in ’n pan en braai die varkfiletrepies daarin tot net-net goudbruin. Skep die vleis in die geurige kerriesous en prut vir ongeveer 10 minute. Verwyder van die hitte, roer ’n paar lepels jogurt deur en geur die res van die jogurt met suurlemoensap om saam met die kerrie voor te sit. Rond af met grofgekapte, geroosterde kasjoeneute en vars koljanderblare. Sit die kerrie voor in roti of op rys. Lewer 6 porsies.

Pangebraaide varklies met appels en bloukaas

Appel, varkvleis en bloukaas bly ’n fantastiese kombinasie. Ek sit hierdie eenskottelgereg op patatkapok voor omdat die soeterige smaak van die patats die verskillende komponente van die gereg perfek komplementeer.

• Olie en botter
• 2 groot varkliessteaks, gehalveer
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 3 kleinerige Golden Deliciousappels, gehalveer
• 180 ml water
• 1 botteltjie (340 ml) appelbier, soos Savanna
• 125 ml suurroom
• Halwe wiggie (50 g) romerige bloukaas, grofgekrummel
• 30 ml heuning

Verhit die olie en botter in ’n groot swaarboompan. Geur die 4 stukke varkliessteak goed met sout en peper en braai dit in die botter-en-oliemengsel tot goudbruin. Voeg die appels by. Braai die appels met die gesnyde kante na onder tot goudbruin en draai dit dan om sodat die gesnyde kante boontoe wys. Voeg die water by en laat opkook. Voeg die appelbier by, bedek die pan en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d
Landbouweekblad3 min read
Klopjagte: Klem Skuif Van Werkers Na Boere
TWEE polisievangwaens, drie polisiemotors en twee staatsvoertuie met vyf lede van die departement van binnelandse sake. Dít is die groep wat verlede week onverwags deur Kallie du Toit*, ’n aarbeiboer buite George, se plaashekke gery het om hom en sy
Landbouweekblad2 min read
Land Bank: Likwidateurs Verloor Appèlsaak
IN ’n saak wat al lank voortsleep, het likwidateurs van ’n egpaar van Bothaville bloedneus gekry oor onregmatige prosedures en ontbrekende skriftelike bewyse. Die likwidateurs se appèlaansoek in ’n likwidasiegeding van die Land Bank teen ’n boerdery

Related