Kos
Mossels in masalaroomsous
■ 1 groot ui, baie fyn gekap
■ 45 ml botter
■ 3 knoffelhuisies, baie fyn gekap
■ 7 ml masala
■ 125 ml witwyn
■ 250 ml room
■ 700 g heel mossels
Braai die ui in ’n groot, diep swaarboompan oor lae hitte in die botter tot sag en gaar, maar nie bruin nie. Voeg die knoffel en masala by en braai verder, tot die knoffel sag is. Voeg die witwyn by en laat opkook, terwyl jy die boom van die pan met ’n houtlepel skraap. Kook die wyn af.