Romerige chorizopasta met gebarste tamaties
■ 1 chorizowors
■ 125 ml olyfolie
■ 4 knoffelhuisies, dungesny
■ 750 g kersie- of klein rosatamaties
■ 125 ml room
■ Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
■ 1 pak (500 g) spaghetti of ander lintnoedels
■ 45 ml grofgeskeurde basiliekruidblare
■ Parmesaanskaafsels, om af te rond
Trek die velletjie van die chorizowors af en kap die worsvleis fyn. Verhit 45 ml van die olie in ’n diep pan en braai die chorizo daarin tot bros en geurig. Voeg die knoffel by en braai verder tot die knoffel sag,