Landbouweekblad

LAM EN SKAAP

Oondgebakte heel skaaprib

• 1 heel skaaprib
• Paar vars suurlemoene
• 80 ml koljandersaad, geskroei en gestamp
• Sout en varsgemaalde witpeper

Voorverhit die oond tot 170 °C. As die rib baie vetterig is, sny met ’n skerp mes diamantpatrone in die vel aan die vetkant van die rib. Vryf die rib goed in met lekker baie vars suurlemoensap en besprinkel dan mildelik met geroosterde, gestampte koljander, sout en witpeper. Vryf die speserye en sout ook goed in. Sit die rib op ’n rakkie bo-op ’n oondbak (vir die vet wat gaan afdrup) met die vetkant na bo. Bedek alles met foelie en sit dit in die oond vir 1-1½ uur, of tot die rib amper sag is. Haal die foelie af en bak verder oop tot die vleis sag en die vet bruinbros is. Druk vars suurlemoensap oor die hele rib uit, laat rus vir ’n paar minute, sny die vleis en lê weg. Lewer 6 porsies.

Lamskenkels in tamatiesjerriesous

• 4 kleinerige, heel lamskenkels
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 5 ml komyn
• 5 ml koljander
• 60 ml olie
• 1 groot ui, fyngekap
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 blik (410 g) tamatiepuree
• 250 ml sjerrie
• 250 ml vleisaftreksel
• 45 ml fyngekapte vars pietersielie
• 100 ml room

Voorverhit die oond tot 160 °C. Geur die lamskenkels met sout, peper, komyn en koljander. Braai die skenkels in die olie in ’n pan bruin. Skep uit in ’n oondbak waarin die skenkels in ’n enkellaag pas. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan en olie tot die ui sag is. Voeg die tamatiepuree, sjerrie en aftreksel by en verhit tot kookpunt, terwyl jy die pan se boom met ’n houtlepel skraap om al die stukkies los te maak. Geur die sous met sout en peper na smaak en giet dit oor die skenkels in die oondbak. Sprinkel die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related