Landbouweekblad

OP ’N STOKKIE

Hoendersosaties met geurige rooibosmarinade

Die vleis vir die sosaties kan tot 3 dae in die yskas in die sous marineer, maar dit moenie korter as 4 uur marineer nie. Maak seker die marinade bedek die vleis, anders sal jy dit gereeld moet omdraai.

KERRIE-ROOIBOSSOUS

• 30 ml koljandersaad, geskroei
• 5 ml fyn kaneel
• 10 ml vars gemmer, gerasper
• 5 ml wonderpeper (fyn pimento)
• 30 ml kerriepoeier, gerooster
• 80 ml bruinsuiker
• 5 ml mielieblom
• 10 ml sout
• 60 ml olyfolie
• 200 ml witdruiweasyn
• 200 ml sterk rooibostee
• 30 ml fyn appelkooskonfyt
• 2 vars lourierblare, gekneus
• 60 ml langleweroom

VLEIS

• 2 kg hoender (borsfilette of ontbeende dye), in blokkies gesny
• 3 uie, in kwarte gesny, met kookwater bedek en gedreineer
• 30 droë-appelkosies, oornag in rooibostee geweek
• Sout en varsgemaalde swartpeper

Maal die koljandersaad fyn en meng dit met die speserye, bruinsuiker, mielieblom en sout. Verhit die olie in ’n pan en braai die mengsel daarin vir 1 minuut. Voeg die asyn, rooibostee, konfyt en lourierblare by en verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Geur na smaak en voeg ekstra sout, konfyt of asyn na smaak by om die balans perfek te kry. Laat prut die sous vir 2minute. Verwyder van die hitte en roer die langleweroom by. Laat heeltemal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related