Die toekoms van die sojabedryf in Suid-Afrika is afhanklik van winsgewendheid, volhoubaarheid, veranderende verbruikersgedrag en ook die produksie-omgewing. Hoewel menslike verbruik van soja net 2% van die totale plaaslike gebruik verteenwoordig, veral in die vorm van verwerkte sojaprodukte, is daar potensiaal om die gebruik van soja in voedselprodukte uit te brei.
Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) is deur die olie-en-proteïensaad-ontwikkelingstrust (Opot) genader om die Suid-Afrikaanse verbruiker se kennis en indrukke van sekere sojaprodukte te ondersoek. ’n Steekproef van 381 lae-inkomste, middelklasen welvarende verbruikers is in Augustus en September 2021 ondervra.
In hierdie artikel word belangrike resultate van die ondersoek bekend gemaak, met die klem op tipiese eetpatrone van sojagebaseerde voedsel, faktore aangaande aankope, produkpersepsies en bereidwilligheid om te betaal (BTB).
HOE DIKWELS EET VERBRUIKERS SOJA?
Die algemeenste sojaprodukte wat die meeste geëet word, is sojamaalvleis, FutureLife en ProNutro, gevolg deur sojabone, sojamelk ). Namate huishoudings se inkomste toeneem, is daar tipies ’n groot afname in die verbruikfrekwensie van bekostigbaarder opsies, soos sojabone en sojamaalvleis, terwyl die verbruik van duurder sojavoedsels, soos sojamelk, FutureLife en ProNutro, gesondheidstafies met soja, en tofu aansienlik toeneem. Die vernaamste sojagebaseerde voedselsoorte, onder subgroepe, (in volgorde van belangrikheid) is: