Landbouweekblad

Hier is die groeipunte in soja se kosmark

Strategiese beplanning vir ’n moontlike markverskuiwing het al ’n ruk gelede begin met navorsing oor die mark vir sojaboonverwante produkte. Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) het dit reeds in 2020 aangevoor en data ingewin van belanghebbendes en kundiges, onder meer sojaperse, vervaardigers van sojaboonprodukte en invoerders van sojaproteïen.

Die Suid-Afrikaanse sojaboonwaardeketting bestaan uit ’n komplekse samevoeging van belanghebbendes en prosesse om sojabone van saad tot voer of van saad tot menslike voedsel te verwerk (sien TABEL 1 ). Wat die sojaboonwaardeketting nóg ingewikkelder maak, is dat dit inskakel by verskeie ander waardekettings, soos lewende hawe, voedsel, tekstiel en die nywerheidsbedryf.

VERWERKING

In die afgelope dekade het die Suid-Afrikaanse sojaboon-perskapasiteit ongekende groei ervaar as gevolg van beleggings gegrond ). Suid-Afrika het in 2020 altesaam 1 230 399 ton sojabone gepers vergeleke met 406 900 ton tien jaar gelede – ’n styging van 202% binne ’n dekade. Dit blyk uit gesprekke in die bedryf dat ongeveer 90% van die sojabone wat vir die menslike mark geoormerk is, deur hoofsaaklik twee persaanlegte verwerk word.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Pryse Bestendig
Die mark bly stabiel. Warmer weer en goeie reën help om weiding te verbeter. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.
Landbouweekblad8 min read
Plaasverkope
LUIPAARDSVLEI (246), 26 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika, van Bosasa Prop (Edms.) Bpk., R69 000 000. VORSTERSKRAAL (669) , 656 ha, aan JJ van Niekerk-trust, van Tygerfontein Boerdery (Edms.) Bpk., R12 775 000. HONINGKLIP (178), 21 ha, aan Multi
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe

Related