Landbouweekblad

GEHALTEDEBAT OOR OLIEKOEK SA ál nader om volle ketting te voorsien

Die sojaboonbedryf het die afgelope vyf jaar groot verbeterings ondergaan op pad na volwassenheid. Nouer samewerking tussen verwerkers en voerformuleerders het gelei tot groot spronge in die regte rigting wat verwerkingsgehalte en -prosesse, asook aankoopstrategieë betref.

Die plaaslike lewendehawebedryf verbruik 1,2 miljoen ton soja-oliekoek per jaar. In Suid-Afrika word soja-oliekoek plaaslik vervaardig, maar ’n deel word ook ingevoer. In die afgelope paar jaar het die plaaslike veevoervervaardigingsbedryf ál meer begin steun op die plaaslik vervaardigde soja-oliekoek namate die plaaslike persers hulself begin vestig het.

Om soja-oliekoek by rantsoene in te sluit, het veevoervervaardigers ’n volhoubare aanbod van oliekoek nodig wat reg verwerk is om die teenvoedingsfaktore uit te skakel. Dit moet ook aan die gehaltestandaarde vir olie- en proteïeninhoud voldoen. Nog vereistes sluit in mededingende pryse, veral vir die voermeulens wat in die kusgebiede geleë is waar invoer maklik verkrygbaar is en dikwels sterk mededinging bied.

Na aanleiding van ’n sterk behoefte het die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) die hooffaktore van soja-oliekoekgehalte as bestanddeel van veevoer in Suid-Afrika ondersoek en geëvalueer.

KONSENTREER OP INHOUD

Die veevoerbedryf vereis soja-oliekoek met ’n minimum proteïeninhoud van 46% (gemeet teen ’n voginhoud van 12%). Die rede daarvoor is dat vervaardigde voer aan bepalings van Wet 36 van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit