Weg!

Verower jou innerlike berg

My getroue paar stapstewels se sole is deurgeloop. Met elke tree voel ek presies watter beentjie in my voet van die pyn kreun. Dis laatmiddag en ons stap al van sesuur vanoggend af. Maar niemand gaan nou tou opgooi nie, want daar’s nog net sowat 5 km van die Baviaans Camino oor. Ek kan al die wit huisies van Nguniland, waar ons vier dae gelede ons voertuie gelos het, in die verte sien.

Gewoonlik sal ’n mens seker die aanskoue van ’n stukkie beskawing verwelkom nadat jy twee bergreekse te voet oor is. Maar my moeë lyf ten spyt is ek nog nie heeltemal gereed om die stille majesteit van hierdie plek vaarwel te roep nie.

Ek verslap my pas toe ons in die laaste valleitjie afdaal, en dink terug oor wat dit geverg het om tot hier te kom…

DAG 1: 18 KM

Opdraande op, afdraande af...

Ná ontbyt neem ’n bussie die groepie stappers na die plaas Nakop, ten noorde van die Baviaanskloof-natuurreservaat, waar Hercules “Herkie” van Huyssteen ons inwag. Tesame met Eric Stewart en sy vrou, Esti, is Herkie die Baviaans Camino se ondersteuningspan.

Die Stewarts se Chokka-slenterstaproete tussen Oesterbaai en Kaap St. Francis het al menige toekenning ontvang. Die egpaar was juis op soek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
’n Tierboskat En ’n Vlagswaaier
Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my f
Weg1 min read
Blokraai
OPLOSSINGS BL . 104 Loer in by jou naaste winkel of bestel een by media24shop.com teen R85. FOTO’S RONEL STEYN; VILLIERS STEYN; MARCHELLE VAN ZYL ■
Weg2 min read
LUIPERDLESSE Die strikgevaar
Luiperds word as kwesbaar gelys op die internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooidatalys van bedreigde spesies, en die bevolkingskurwe neig steeds afwaarts. Wêreldwyd is luiperds reeds ’n yslike 75% van hulle oorspronklike verspreidi

Related