Kom vóél die veld!
Van waar ek en vyf stapmaats op die stoep van Faans se Huis sit en veters knoop en rugsakke toeknip, kyk ons hoe ’n bergskilpad die turksvyland se heining vir ’n gat patrolleer. Ek sien uit na die week wat voorlê saam met dié groep: Sarie Viljoen en Stacey Block (onderwyseresse met die wêreld se geduld), Nina Steyn (’n fisioterapeut wat moontlike skete kan aanspreek en allerlei ekstras met skynbare gemak saamdra), Eloise Costandius (sy’ t soölogie geswot en ken alles met twee tot agt bene op die naam) en Alex Jordaan (’n veldkoskenner met ’n Otter-obsessie; hy’t die roete al 19 keer gestap).
Hannes Horn, baas van die plaas Bucklands, se bakkie hou voor ons stil. Die skilpad trek sy kop in – hy weet hy’s stout. Hannes kom sê hy moet gaan water aflaai by Ghê-Ghê se Hut waar ons vanaand slaap, ons kan sommer ons rugsakke agterop die bakkie gooi as ons wil. Dit voel soos kroek – en sommer al op die eerste dag van die stap! – maar ons verwelkom sy aanbod en spring weg met slegs waterbottels en padkos.
Jô! Dis lekker om weer ’n slag in die Karoo te wees. Dit ruík sommer soos Karoo, daai kruierigheid van die bossiegoed, die aardse mengsel van stof en snuifgetrapte skaapmis, die doringbome se soet… Vandag se sowat 11 km is glad nie kwaai nie. Die roete slinger saam met die kinkels van die Grootrivier terwyl dit mettertyd suidwes mik. Ons het tyd vir rondsnuffel, die verkyker uithaal om die Hanekam (1 768m) – soos die kraai vlieg sowat 15 km suidoos hiervandaan in die Groot-Winterhoekberg – te bekyk en goedjies te proe. Ja, te próé! Sover ons stap, ruik en kou Alex aan alles en deel plante se name, medisinale waarde of aanwins in die kombuis.
Hy vertel ons
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days