Weg!

BRIEWE

Wat maak oom Ollie daar?

Ek en my vrou, Anesca, het onlangs saam met ons goeie vriende Bertus en Inalene Nel en ons kinders vir drie nagte kamp opgeslaan by Xakanaxa in die Moremi-wildreservaat. Dit was ons eerste besoek aan Botswana en ook ons eerste kampervaring op ’n staanplek wat nie omhein is nie. Ons het mooi aan die kinders verduidelik dat wilde diere in ons kamp kan inkom en dat hulle nie bang moet wees nie, en net naby ons en doodstil moet bly.

Hierdie ou grote het eendag by die kamp kom kuier en ek het eers nadat ek die sluiter gedruk het, gesien dat van die kinders – Emma Nel (6), Anneke Nel (10) en Leanke Loots (8) – onder die kamptafel ingekruip het met sy aankoms. Die olifant was gelukkig rustig. Hy het langs ons kamp gewei, teen ’n boom geskuur en ’n stofbad geneem – hy het ons tent vol sand gegooi!

Met die wasgoed op die draad, die kinders se speelgoed op die kamptafel en met hulle daaronder lyk dit na maar net nog ’n dag in die wildernis. Dit was ’n ongelooflike ervaring en een wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks