Weg!

BRIEWE

Behoorlik omgeëllie

In September 2021 het ek ’n week lank by Pangolin Photo Safaris se hotel langs die Choberivier in Botswana gekuier. Ons het elke oggend en aand in ’n fotografieboot op die rivier gevaar en baie soorte wild gesien, veral olifante en seekoeie.

Hoewel ons nooit te na aan die diere beweeg het nie, het ons teenwoordigheid een seekoei vreeslik geïrriteer. Elke keer wat ons verbygevaar het, het die seekoei ons gefopstorm. In hierdie geval was daar ’n olifant tussen die boot en die seekoei en ek is dus nie seker wie van ons op die seekoei se senuwees gewerk het nie! Ongeag wie die skuldige was, die oomblik was interessant genoeg vir ’n foto – ek belowe ek het nie een van die diere inge-Photoshop nie!

EDWARD ILLINGWORTH, George

SKRYF AAN ONS EN WEN!

Edward wen ’n stel Zartek ZA-725 tweerigtingsradio’s met ’n GE-295-voertuig-antennastel en GE-259-luidsprekermikrofone ter waarde R4 499.

Zartek se top-radiomodel is perfek vir kommunikasie binne en buite. Dis duursaam en bied duidelike klank en ’n uitstekende

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu

Related Books & Audiobooks