SWART OP GROEN IS CAREL SE GOUD
Toe die plaastelefoon een middag in 1979 die kenmerkende twee langes vir Helderfontein lui, het die oproep goeie nuus vir mnr. Carel Nel, toe ’n jong Vrystaatse boer van die distrik Brandfort, en sy vrou, Anita, gebring. Diere van ’n top-bloedlyn was beskikbaar om te koop.
Hulle het toe reeds vir drie jaar lank met die inheemse Drakensberger geboer en wou graag ’n stoetery op die been bring.
Dié blinkswart beeste was destyds nog skaars in die sentrale dele van die Vrystaat en om goeie teelmateriaal te kry, was nie ’n maklike taak nie. Telers was nie volop nie en dié wat goeie stoetbeeste gehad het, het die diere meestal self nodig gehad vir hul eie kuddebou.
Nel, die derde geslag wat op Helderfontein boer, het saam met drie van sy broers begin boer. Hulle het ’n paar jaar tevore ’n paar Drakensberger-koeie gekoop ná hulle toevallig ’n advertensie raakgesien het. Gou het hulle gesien hoe goed die koeie presteer en begin soek na nog.
Nel se storie weef ’n lappieskombers van herinneringe aan ’n vroeëre tydvak in die Suid-Afrikaanse stoettelersbedryf en aan die pioniers wat die uitbou van die moderne Drakensberger bevorder het. Drakensbergers se voorgangers is as trekdiere in die Groot Trek ingespan en deur die Voortrekkers se
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days