Kuier

ONTVOERINGS WEK KOMMER

Dis enkele weke sedert die sesjarige Shahnawaz Asghar vroegoggend voor sy ouerhuis in Kensington, Kaapstad, ontvoer is. Hoewel hy binne ’n dag ongedeerd gevind is, het die gebeure van daardie Woensdagoggend ’n letsel op die hele gesin gelaat.

Dié graad R-leerder se pa, Tarar Asghar, moes met ’n gun teen sy kop toekyk hoe vyf gewapende mans Shahnawaz op hul stoep gryp en saam met ’n sesde verdagte in twee voertuie wegjaag. Sy twee ander kinders het ook alles beangs gadegeslaan vanuit hul voertuig, waarin hulle toe reeds gewag het om skool toe geneem te word.

Shahnawaz se pa het hom die volgende aand self gaan haal, maar dit is nog onduidelik waar en of ’n losprys geëis en betaal is.“Hoewel ek baie na aan hulle is, glo ek die gesin het tyd en ruimte nodig om ’n vraag soos hierdie te beantwoord. Dis nou te sê ás hulle dit wil beantwoord,”sê Dawood Esack, familiewoordvoerder.

Shahnawaz se boetie en sussie, onderskeidelik in graad 3 en graad 5, is eers ’n week ná die voorval terug skool toe. Daar het die prinsipaal die onderwysers gevra om seker te maak dat die kinders nie oor die gebeure uitgevra word nie.

Aanduidings is dat al hoe meer Suid-Afrikaners – soos hierdie gesin – aan ’n trauma van hierdie aard blootgestel word.

Dit was die ontvoering van die vier Motibroers van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related