Kuier

WEG IN’N OOGWINK

Dis sekerlik enige ouer se grootste nagmerrie: Terwyl jou aandag vir ’n oomblik afgetrek is, slaan gewetenlose misdadigers toe en gryp jou kind.

Vrese oor kinderontvoering en daarmee saam mensehandel het die laaste ruk amper in paniek ontaard nadat ’n man helder oordag probeer het om ’n kind van ’n restaurantstoep in Florida, Johannesburg, te ontvoer.

Op ’n video van die voorval kan gesien word hoe die verdagte oor die reling spring en die kind probeer gryp. Danksy ’n restauranteienaar met opleiding in Oosterse gevegskuns, is ’n tragedie in hierdie geval afgeweer.

Nie lank daarna nie het ’n egpaar van Germiston tot hul afgryse besef dat ’n man by ’n kruising besig was om hul kind deur die motor se oop venster na buite te probeer trek. Terwyl die vrou desperaat aan haar kind se bene geklou het, het haar man weggejaag en sodoende die verdagte afgeskud.

Sedertdien is verskeie voorvalle van pogings tot kinderontvoering aan die groot klok gehang. WhatsApp-groepe het gegons met waarskuwings dat vroue besig is om foto’s van kinders by skole of in winkelsentrums te neem of kinders deur verdagtes agtervolg word.

Dat ’n onderwyseres pas tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis is nadat sy verlede jaar ’n sesjarige van Vanderbijlpark ontvoer het, het vrese verder aangewakker dat kinderontvoering en mensehandel aan die toeneem is. Die meisie was vir 19 uur vermis voordat sy langs die pad afgelaai is.

Tharina Human, die meesterbrein agter die misdaad, was met die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related