Kuier

TWEEDE KANS

Laggende kinders begroet jou by die Somerset-Wes Family Shelter en die atmosfeer is van so 'n aard dat jy dadelik omring word deur die feestelikheid wat dig oor die shelter hang. Maar dan kry jy eensklaps 'n knop in jou keel as jy by een van die kamers instap en die jong man sien wat vir die afgelope twee jaar by dié shelter tuis is nadat 'n nare motorongeluk sy lewe onherroeplik verander het.

En nou is sy eens onafhanklike gees ook saam met sy liggaam aan 'n rolstoel vasgekluister nadat die ongeluk hom gedeeltelik verlam gelaat het. Maar steeds bly Lee-Roy Juries (36) oorspronklik van Macassar buite Kaapstad glo hy sal eendag wéér op sy eie twee bene kan staan.

Aanvanklik vertel Lee-Roy se oë 'n storie van 'n teruggetrokke man van min woorde totdat hy gemaklik raak en dan geleidelik uit sy dop begin kruip. En wanneer hy eers begin praat, is daar geen keer aan hom nie.

“Die voorste twee wiele van die bakkie was alreeds oor my. En omdat ek op my sy gelê het, was daar iets onder die bakkie wat my saam met die bakkie gesleep het.”
 LEE-ROY JURIES

Hy probeer 'n prentjie skilder van sy komvandaan. "Ek is een van vyf siblings. Ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Speel-speel
Daar is agt verskille tussen die prentjies hieronder. Kan jy hulle almal opspoor? Rangskik die kleurblokkies sodat hulle die vorm voltooi. Help die nutsman om by die treinwa uit te kom. ILLUSTRASIES: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES ■
Kuier9 min read
Nog Altyd Haar Pappie Se Prinses
“Pappie, watch,” sê Jo-Ann Strauss (43) wanneer die kamera begin kliek. ’n Klipgooi verder kyk haar pa, Johann, met ‘n glimlag hoe sy meisiekind pose tydens hul voorbladfotosessie Johann (66) trek deurentyd los met ’n grappie terwyl sy beeldskone dog
Kuier1 min read
Tv-gids
MÓÉT-KYK! Blue Beetle (M-Net, Sondag 30 Junie om 20:05) Jaime Reyes (Xolo Maridueña) kom in besit van die Scarab, 'n antieke relic van uitheemse biotegnologie. Wanneer die Scarab vir Jaime as sy bio-host kies, kry hy 'n ongelooflike wapenrusting wat

Related