Weg!

Dit sneeu!

WES-KAAP

Die Kaapse Plooiberge kry bykans elke jaar sneeu. Matroosberg naby Ceres is gewoonlik eerste aan die beurt. Verder weg van Kaapstad af is die Sederberg en die Swartberg puik sneeukykplekke waar gewoonlik minder skares saamtrek.

CERES

Nandi William- van Houtbaai -kryf: In Augustus verlede jaar hoor ons Ceres het pas ’n vars sneeukombersie gekry. Met die minimum voorbereiding klim ons summier in ons Landie, Lula, om te gaan sneeukyk. Volgende keer sal ons beslis meer warm klere saamvat!

Op pad soontoe besef ek dat die ganse Kaapse bevolking van die sneeu te hore gekom het, want ’n rit wat gewoonlik sowat twee ure duur, trek naderhand by vyf! My man, Grant, grom al meer. Hy’s is dol op avontuur, maar haat verkeer. Moet ons nie eerder omdraai nie? Maar menige motor wat van voor af met ’n sneeuman op die enjinkap verbykom, laat ons vasbyt. Buitendien, ons seun, Max, wil só graag ’n sneeubalgeveg hou.

Die mense parkeer sommer oral langs die pad wat van Ceres af opkrul na Matroosberg. Kinders en grootmense rol teen die sneeubedekte hange af, bou enorme sneeuskepsels en jaag mekaar met sneeuballe rond.

Max was in sy element! Toe sy gô oplaas eers ná sononder uit is, het ons nog ’n laaste sneeuman op Lula se enjinkap gebou en huiswaarts gekeer.

Volg Nandi en haar gesin se reise op Instagram: @lulainafrica

BLY HIER

Forgotten Highway-gasteplaas Op dié vrugteplaas in die Theronsbergpas kan jy in die sneeu speel sonder om iewers heen te ry. Die Plaashuis (slaapplek vir agt) kos R2 400 p.n., die Herdershuis (plek vir twee) R1 100 p.n., die Woonstel (ook vir twee) R880 p.n. en die Meulhuis (plek vir vier mense) R330 p.p. As jy oor ’n naweek wil kom kuier, is ’n bespreking van minimum twee nagte ’n vereiste.

Waar? 27 km noordoos van Ceres, op die R46.

Kontak 072 172 9545 (Maryke); forgottenhighway.co.za

Matroosberg-privaatnatuurreservaat

Dié blyplek bied aan gaste toegang tot die Matroosberg (2 249 m) – die eerste Wes-Kaapse berg wat in die winter sneeu kry en dus die beste sneeubestemming

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg11 min read
’n Gids Tot Die Hibiskuskus
Dis Februarie aan die KwaZulu-Natalse Suidkus en ek kom kyk wat gebeur alles tussen Port Shepstone en Port Edward. Hier is min verkeer, min mense langs die see en ek sukkel glad nie om parkeerplek te kry nie. Ek’s dankbaar (dis immers die stil seisoe
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related