Weg! Ry & Sleep

Oos, wes... Suid-Afrika bes!

Daar’s groot fout met die see: Die water is veronderstel om warm te wees – meer as 20 ºC. Dit is immers Augustus en dis die Indiese Oseaan.

Maar die waters hier by Port Edward is bibberkoud. Dit begin boonop reën en die wind waai dat die biesies bewe. Die plan was om ons groot reis van die Oos- na die Weskus met ’n lekker dip in die warm see te begin, maar uiteindelik is dit eerder ’n versigtige groottoon in die water.

Ons wend ons dadelik tot die weervoorspelling om te kyk wat op die reis van Port Edward tot op Lambertsbaai – ’n volle 1 700 km – op ons wag. Die nuus is droewig: Dit is koue en selfs sneeu wat op ons wag.

toe ons die oggend by die Wild Coast Sun-hotel se hekke uitry en noordwes mik op die N2. Dié pad is ’n onaangename storie, want beeste en bokke stap in en oor die pad asof dit hulle weiveld is, én dan steur die bestuurders van motors, lorries en minibustaxi’s hulle klaarblyklik ewe min aan die reëls. ’n Mens moet jou maar inhou en dit rustig vat. Daar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep4 min read
My Vierde Kind
Wessel het jare lank ’n Land Rover Defender 300 TDi besit, maar dit het 12 jaar terug verander toe hy by ’n winkelsentrum in Rustenburg die bakkie raaksien waarna hy al soveel jare gesoek het. Kyk, ’n mens krap nie sommer ’n Defender 130 TD5 agter el
Weg: Ry & Sleep1 min read
Voertuigverkope Effens Beter
Die voertuigfinansieringsmaatskappy Wesbank berig dat die verkoop van nuwe rygoed in April vanjaar met 2,2% gestyg het vergeleke met dieselfde maand in 2023. Die syfer is vir die gesamentlike verkope van passasiers- en kommersiële voertuie. Passasier

Related