Landbouweekblad

‘Maak die ketting korter en raak relevant’

Dit is ’n week ná sy besoek aan Duitsland en Parys, Frankryk, waar mnr. Johan Stumpf met die wêreld se sjiekste modehuise vergader het oor verantwoordelik geproduseerde wol uit Suid-Afrika.

Hy sit rustig op sy selfoon en gesels, sy een been oor die ander gekruis. Aan sy voete pryk volstruisleerskoene – waarskynlik ’n oorblyfsel uit sy dae aan die stuur van die volstruisbedryf.

Stumpf is tans groeps- besturende direkteur van BKB, ’n rol waarvoor hy uitgeknip is danksy die tydperke toe hy die Sondagsriviersitrusmaatskappy en Klein-Karoo Groep gelei het.

As iemand wat in Pretoria grootgeword het (dié oud-Affie het al drie sy grade aan Tukkies verwerf), het die landbou “eintlik half per ongeluk” vir Stumpf gebeur.

“Ek is in Engeland gebore, waar my pa (dr. Waldo Stumpf, destydse hoof van die Atoomenergiekorporasie) sy doktorsgraad verwerf het. Ons was omtrent twee jaar daar en het nog twee jaar in Duitsland gewoon, waar ek in die kleuterskool was. Ek kon Duits praat in ’n stadium, maar ek het dit verloor.”

Ná sy opleiding as bedryfsingenieur en tyd in die weermag het Stumpf gou besef hy is nie “ ’n regte ingenieur” nie, maar dat finansiële bestuur eintlik sy belangstelling prikkel. Hy het by Louis Heyl

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related