Huisgenoot

MARCIEL SE SPROKIESTROUE: NOU IS DIT MÝ BEURT!

WANNEER die boere voor die kameras maat soek, is sý die een wat hulle uitvra en bemoedig; sy lag saam vir hul grappies, pink ’n traan wanneer dinge nie uitwerk nie en jubel saam wanneer iemand liefde vind. Maar nou is dit háár beurt om al skitterend te baai in die gloed van liefde, want weg van die kameras is sy die ster van haar eie liefdesverhaal.

Vandag stap die maatsoekreeks Boer soek ’n vrou se Kupido, die mooie aanbieder Marciel Hopkins (29), sélf in die paadjie na die kansel af. En ’n mooier agtergrond sou geen bruid kon vra nie.

Vanuit die unieke kapel op ’n eilandjie in die Bergrivierdam lyk dit byna asof die Hottentots-Hollandberge laer trek om die La Roche-wynlandgoed buite Franschhoek.

Die aantreklike bruidegom, Handré Lourens (31), staan eers by die ingang en verwelkom die gaste wat in groepies oor ’n bruggie aangestap kom en gaan wag dan voor in die kapel op sy geliefde.

Van senuwees is daar geen sprake nie; hy wag al te lank op hierdie dag.

Dan word die borrelende geselsies in die kapel stil toe ’n swart-en-silwer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Kuier Die Hele Jaar Deur!
Nog ’n prettige seisoen van Die Babbelbende is nou volstoom aan die gang! Kyk saam na seisoen 2 op huisgenoot.com. In dié aanlyn Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd saam interessante dinge
Huisgenoot6 min read
Die Groot Vergeet
‘KAREL, hoe laat is dit?!” Ag jinne tog, wanneer wil oom Jakob ’n bietjie laat lê? Hy vra ’n mens elke dag dieselfde ding: Waar is Lietie? Waar is Sammie en Kosie? Maar die belangrikste van almal is, waar is sy vrou? “Karel, hoe laat is dit?!” Die ti
Huisgenoot9 min read
Waar Elke hond Se Dag Aanbreek
WANNEER jy van die hoofpad afdraai, hoor jy dit reeds. Die geblaf. En dis nie net ’n hond of twee of drie nie. Dis ’n trop. ’n Trop wat bláf. Kronkel van die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier op die R318-grondpad in die rigting van Ashton, en dit ra

Related